Renosterstroper tot 32 jaar gevonnis in Skukuza

Loading player...
‘n Man wat in 2016 drie renosters in die Krugerwildtuin gestroop het, is gister 32 jaar tronkstraf opgelê. Freedom Ndlovu is deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind aan onder meer stroping, betreding, besit van ongelisensiëerde wapen en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, Monica Nyuswa, is hy saam met twee ander beskuldigdes in die Stolsnek-area van die wildtuin deur veldwagters betrap.
22 Jun 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min