Man dood gevind wat kon help met ander moordsaak

Loading player...
Die Mpumalanga polisie het die moord op 'n ooggetuie in 'n moordsaak gister in Mhala veroordeel en gemeenskappe weer versoek om nie die reg in eie hande te neem nie. Die polisie was op soek na Clive Khosa omdat hulle geglo het dat hy kan help om die moord op te los van 'n vrou, wat in haar 20's geskat word, wie se liggaam op 30 Julie langs die I-H-C-Kerk in Mhala ontdek is. Die polisie-woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê Khosa se huis en kar is Woensdag deur gemeenskapslede aan die brand gesteek. Hy is later glo uit Oakley, Culcutta deur 'n onbekende getal aanvallers ontvoer. Volgens Mohlala was hy vasgebind en erg aangerand.
14 Aug 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min