Vermeende transitorowers bly in aanhouding in Malalane

Loading player...
Drie vermeende transitorowers het gister in die landdroshof in Malalane verskyn vir die aanval Vrydag op ‘n gepantserde wa van Fidelity. Hulle is by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, kon ‘n vierde man wat saam met hulle aangekeer is, nie met die misdaad verbind word nie. Mosa Ngwenyama, Ali Obi Ebrahim en Mfanasibili Lubisi bly in aanhouding tot 21 Augustus wanneer hulle vir borgtog kan aansoek doen.
15 Aug 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min