Toegang tot NKW 18-22 September gratis vir SAners

Loading player...
SANParke bied weer hierdie jaar September die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Dit word van 16 tot 24 September aangebied en sal hierdie jaar die 18de jaarlikse parkeweek wees. Die doel van die week is om Suid-Afrika se natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis deur die nasionale parkestelsel te beskerm. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê Suid-Afrikaners kan op weeksdae tydens die tydperk die park besoek. Dit geld 18-22 September.
15 Aug 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min