Mpumalanga spandeer miljoene aan mediese nalatigheid

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ’n beroep op die provinsiale departement van gesondheid om dissiplinêre maatreëls in te stel vir gesondheidswerkers wat die departement aan miljoene Rande in aanspreeklikheid blootgestel het. Volgens DA-lid, Jane Sithole, toon die jongste kwartaalverslae dat die departement meer as 83-miljoen-Rand aan voorwaardelike aanspreeklikhede weens beweerde nalatigheid van gesondheidswerkers bestee het. Die bedrae wissel van 11-duisend-Rand tot 19-miljoen-Rand per saak. Die meeste van die eise spruit uit kinders wat met serebrale komplikasies gebore is. Sithole sê gesondheidswerkers moet aanspreeklik gehou word.
7 Sep 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min