Ondersoek na twee taxi-bestuurders doodgeskiet is
--:--
Twee taxibestuurders is noodlottig gewond terwyl 'n derde taxibestuurder sowel as 'n busbestuurder om hul lewens veg in die hospitaal ná ‘n skietery Donderdag by ‘n taxi-staanplek in Calcutta. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die busbestuurder verby die toneel gery toe hy getref is. Die motief agter die skietery is tans onbekend. 'Die 'n Span ondersoekers is saamgestel om die voorval te ondersoek.