Action SA sê Mpumalanga gesondheidsdepartement versuim om probleme by Shongwe-hospitaal aan te spreek

--:--
Action SA in Mpumalanga beskuldig die provinsiale gesondheidsdepartement dat hy nie sy onderneming om probleme aan te spreek by Shongwe-hospitaal by Malalane, gestand doen nie. Die provinsiale voorsitter van Action SA, Thoko Mashiane, sê die party sal oormôre saam met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie besoek aflê by die hospitaal. Dít na die kommissie reeds aanbevelings gemaak het oor die verwaarlose fasiliteit. Die besoek het ten doel om die departement se vordering te monitor, omdat hy volgens Mashiane verseg om aan die kommissie verslag te doen.
19 Sep 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Long Tom-pas busongeluk eis sewe

Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in 'n busongeluk toe ‘n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind. Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring…
8 Dec 11PM 1 min

Munisipale assistant-bestuurder aangekla van korrupsie in Witbank

‘n Assistent Finasiële Bestuurder by Emalahleni-munisipaliteit het gister in die Witbank-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 64-jarige Edwin Mphikeleli Sibiya na bewering in Junie verlede jaar aan ‘n forensiese ondersoeker omkoopgeld betaal vir toegang tot ‘n verslag oor…
8 Dec 7AM 1 min

Silulumanzi enigste waterverskaffer in Mpumalanga met Bloudruppelstatus

Silulumanzi is die enigste watervoorsiener in Mpumalanga aan wie Bloudruppelstatus toegeken is. Die Blou- en Groendruppelverslae is die week deur die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, bekendgemaak. Dit meet die kwaliteit van water wat aan verbruikers voorsien word. Silulumanzi het boonop by vier wateraanlegte die status verwerf: Primkop,…
7 Dec 11PM 1 min

DA vra dat LUR voor etiekkomitee verskyn oor neonatale eenheid in Witbank

Die DA in Mpumalanga beskuldig die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, dat sy weggesteek het dat die neonatale eenheid by Witbank-hospitaal reeds ses jaar nie operasioneel is nie. Die DA-lid Jane Sithole sê Manzini het dit verswyg toe die DA haar daaroor gevra het en dit moes deur die Ouditeur-generaal…
7 Dec 4AM 1 min

DA Mpumalanga sê beurtkrag veroorsaak geweldige werksverliese in landbou-sektor

Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om saam met onafhanklike kragverskaffers te werk om beurtkrag die hoof te bied. DA-lid Bosman Grobler sê niks het gekom van beloftes oor alternatiewe energiebronne wat sy so lank gelede as haar 2019 provinsiale rede gemaak het nie…
6 Dec 11PM 1 min