Pasgebore babaseuntjie in park in Middelburg ontdek

Loading player...
Die polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore baba in Van Blerk Park in Middelburg ontdek is. Volgens die Mpumalanga polisie het ‘n man wat verlede Vrydagaand herwinbare produkte in 'n asblik gesoek het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai ontdek. Die naelstring was nog aan die baba vas. Hy is hospitaal toe gehaas en vorder volgens berigte goed. Liza Labuschagne wat reeds verskeie jar Liznica House of Hope in Mbombela bedryf, waar hulle na weggooibabas omsien, sê desperate ouers moenie skroom om Child Welfare vir hulp te nader nie.
21 Sep 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min