Voorgestelde waterregulasies teruggetrek
--:--
Volgens Marais de Vaal, AfriForum se adviseur vir omgewingsake, het AfriForum sterk kapsie gemaak teen die voorgestelde waterregulasies van die departement aangesien dit nie net ontspanningswatergebruikers soos hengelaars, boot- en seiljagvaarders, toerisme-operateurs en oewer-grondeienaars se gevestigde regte sou vertrap nie, maar ook sou neerkom op ’n growwe oorskryding van regeringsmag.