Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend

Loading player...
Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend in samewerking met OFM en Bloemfontein Courant om die boodskap van Omgee te versprei dwars deur die Vrystaat. Omgie is Engo se amptelike “mascot” en ambassadeur by skole en sy droom is om vir ander te wys hy gee om. Die Engo Omgie Sivviedag sal vanjaar plaasvind op Vrydag, 27 Oktober 2023, in die vorm van ‘n spesiale “sivviedag” ten bate van Engo. De Wet Claassen gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die besonderse dag so wel as 'n liedjie wat hulle vir die dag laat skryf het.

Volgens De Wet Claassen, Hoof Uitvoerende Direkteur van Engo Vrystaat het die droom vir 'n liedjie begin met hul Omgie dag waar hulle jaarliks met Omgie dag skole besoek om die boodskap vir kinders te gee oor Omgee. Hulle het gevoel “iets” kort en het toe met Cezanne Yzelle en Jacobus Silwer gesels en vertel dat hulle Engo se hart op ‘n lekker pret manier wil oordra met ‘n liedjie. Soos jy sal hoor het Cezanne en Jacobus ENGO se verwagtinge oortref met hierdie spesiale liedjie – Kyk na die Here.

Die woorde en wysie is van so aard dat mens nie anders kan as om net te wil saam dans nie….oud en jonk. Daar is ook ‘n lekker dans wat ENGO kinders gaan leer tydens Vrydag se Omgie Dag. Die beplanning is dat die liedjie in Sotho ook gedoen word. Die musiekvideo is nog in produksie.
Alle opbrengste van die liedjie gaan aan Engo om die werk wat hule in die Vrystaat doen te bevorder.
Die liedjie sal beskikbaar wees op alle aanlyn platforms vanaf die 30ste Oktober af.​
24 Oct 2023 5AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

The Westdene Park Conservancy asks you to be kind to your neighbourhood

40 Acts of kindness for 40 years of OFM and Michael Deutschmann joins Yolanda Maartens to talk about the Westdene Park Conservancy in Bloemfontein. This initiative invites you to be kind to nature and to be kind to your neighbourhood. You can get involved by making an annual contribution to…
3 Mar 5AM 5 min

Dapper McKenzie deel haar storie

McKenzie Bradfield van Welkom, is net 11 jaar oud en vertel met dapperheid hoe skielike gehoorverlies haar wereld verander het.
2 Mar 11AM 3 min

'n Nuwe wêreld vir SW Saunders

Ma Janeke Saunders van Jan Kempdorp vertel hoe ‘n nuwe wereld oop gegaan het vir haar seuntjie SW wat vanjaar ook Gr 1 in ‘n hoofstroom skool kon begin.
2 Mar 8AM 4 min