DA blameer ANC laksheid vir lisensiefooie wat in Mpumalanga verlore gaan

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om op te tree teen amptenare wat verantwoordelik was vir ‘n verlies aan inkomste uit lisensiefooie tussen 2016 en 2019.
Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, voer aan dat daar in dié tydperk nie ‘n 'n funksionele finansiële stelsel in plek was om bankdeposito's met kwitansies van streekkantore te versoen nie en inkomste het so verlore gegaan toe dit nie in die departement se bankrekening inbetaal is nie.
Sy sê die totale inkomste wat gedurende hierdie tydperk verlore gegaan het, is nie gespesifiseer nie, en die departement se lustelose benadering is kommerwekkend.
31 Oct 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min