ActionSA eis antwoorde oor Valke-ondersoek na Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder

Loading player...
ActionSA beskuldig die Valke dat hulle versuim om ondersoek in te stel na 'n tender wat die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder (MER) na bewering vir 12 jaar onregmatig toegeken het aan Mzimari Productions Company om die Mejuffrou Mpumalanga-kompetisie aan te bied. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die voormalige voorsitter van die MER-raad het verskeie kere gevra dat hierdie kontrak ondersoek word, maar dit het op dowe ore geval. Die party het die saak reeds maande gelede by die Valke aangemeld. Volgens Mashiane is die MER se mandaat om dobbelary en drank te reguleer, eerder as om skoonheidskompetisies aan te bied wat een maatskappy verryk.
7 Nov 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min