DA sê Mpumalanga begroting ignoreer werkloosheid, kragkrisis

Loading player...
Die DA in Mpumalanga voer aan dat die aangepaste begroting - wat gister deur die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Nompumelelo Hlophe - ter tafel gelê is, nie werkskepping of die kragkrisis aanspreek nie. Volgens DA-lid Bosman Grobler, het hulle verwag dat sy befondsing beskikbaar sou maak aan die Departement van Samewerkende Regering om munisipaliteite te help om ooreenkomste aan te gaan met onafhanklike kragverskaffers en so hul afhanklikheid van Eskom te verminder. Instede is meer fondse bewillig vir die konstruksie van die Mpumalanga Varsproduktemark.
22 Nov 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min