DA in Mpumalanga sê Mkhondo se water is 'n krisis

Loading player...
The DA het ‘n ernstige beroep gedoen op die burgemeesterlid vir Tegniese Dienste by Mkhondo, Mary Thwala, om dringend aandag te skenk aan die munisipaliteit se waterinfrastruktuur wat vinnig agteruitgaan. Volgens die DA-raadslid en koukusleier, Irene Brussow, ervaar inwoners droë krane vir so lank as ses dae op ‘n slag. Sy sê dit is soms deels te wyte aan beurtkrag, maar die munisipaliteit se waterpypstelsel is die grootste probleem weens ‘n tekort aan instandhoudingswerk.
28 Nov 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Lewenslank vir man wat sy ouma vermoor

Jay Peters (27) is deur die Nelspruit-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy ouma, Susanna Kilmister (68). Dit volg op Peters sy skulderkenning op die moord wat op 28 Februarie 2022 op Cromdale buite Mbombela gepleeg is, waar hy by sy ouma gewoon het. Volgens Monica Nyuswa, die…
23 Jan 6AM 1 min

Operasie uitgevoer om veediefstal te teiken

Die Mpumalanga-polisie het gister tydens 'n spesiale operasie in Vaalbank naby Mmametlhake op sewe vermoedelik gesteelde beeste beslag gelê. Niemand is vir die beweerde veediefstal in hegtenis geneem nie, maar ’n ondersoek is aan die gang. Tydens dieselfde operasie vroeër die dag is 'n 31-jarige man by Siyabuswa gearresteer vir…
23 Jan 2AM 1 min

Mpumalanga Premier onderneem om matriekslaagsyfer te verbeter

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter. Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunkminister, Reginah Mhaule, wat vandag met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se…
22 Jan 9AM 1 min

LUR beloof nuwe skool vir Naas

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het…
22 Jan 4AM 1 min

Vakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropen

Toeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van…
21 Jan 7AM 3 min