Sê jou sê oor Bela-wet in Nkomazi

--:--
Openbare verhore oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette vind tans weer in Mpumalanga plaas. Die sogenaamde Bela-wet is al ‘n stappie nader daaraan om ‘n wet te word. In Ehlanzeni vind dit môre by die Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi plaas. Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole (Fedsas) moedig mense ook aan om skriftelik kommentaar te lewer voor 19 Januarie.
29 Nov 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Werker in Krugerwildtuin in haar kamer deur hiëna aangeval

Die Krugerwildtuin ondersoek die omstandighede waaronder ‘n vroulike werknemer deur ‘n hiëna gebyt is. Volgens die wildtuin het sy in die woonkwartiere vir werknemers by Berg en Dal geslaap toe die dier haar aan die arm gebyt het. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê sy is hospitaal toe…
21 Feb 8AM 1 min

Boere hoor vandag oor borgtog na twee mans verdwyn

Twee mans hoor vandag in die Evander-landdroshof of hulle borgtog toegestaan is. Hermanus De Laray, ‘n plaaseienaar, en William Underhay, ‘n plaasbestuurder, is in Januarie gearresteer op aanklagte van moord en regsverydeling. Dit volg op die verdwyning van twee mans verlede Mei op hul plaas in die Leslie-omgewing. Die polisiewoordvoerder…
20 Feb 3AM 1 min

DA dreig met regsaksie na nog 'n huis in Barberton afbrand

Die DA dreig met regsaksie teen Mbombela om die munisipaliteit te forseer om minimum-branddienste aan Barberton te lewer. Dit volg na nog ‘n huis Saterdagaand in Emjindini tydens ‘n brand verwoes, en twee mense gehospitaliseer, is. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Mbombela-brandweer het twee ure later eers opgedaag. Hy sê…
20 Feb 3AM 1 min

Man in aanhouding na hy vrou glo in Komatipoort doodskiet

'n 46-jarige vrou is Vrydag in Komaptipoort doodgeskiet - na bewering deur haar vriend. Volgens die polisie het sy as ‘n amptenaar vir die polisie gewerk. Haar liggaam is deur haar dogter ontdek toe sy van die skool af teruggekeer het huis toe. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die…
18 Feb 11PM 1 min