Munisipale assistant-bestuurder aangekla van korrupsie in Witbank

Loading player...
‘n Assistent Finasiële Bestuurder by Emalahleni-munisipaliteit het gister in die Witbank-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 64-jarige Edwin Mphikeleli Sibiya na bewering in Junie verlede jaar aan ‘n forensiese ondersoeker omkoopgeld betaal vir toegang tot ‘n verslag oor ‘n ondersoek na wanadministrasie in die munisipaliteit. Sibiya is borgtog van 5-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 13 Desember. Nog arrestasies word verwag.
8 Dec 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min