Ep. 2 - Trane tot hoop (Boekgesprek met Cas Wepener)

--:--
“Om ’n erediens in Lydenstyd te hou wat drup van lament is hoop in aksie”.

Só sê prof Cas Wepener, die Stellenbosse teoloog en skrywer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode, het met hom gesels oor ’n nuwe boek wat hy saam met sy kollega, dr Dawid Mouton van die VGK, saamgestel het. Met ’n titel soos Lamenting for change en die subtitel: Worship and preaching for social impact, Resources for a season of lament in service of hope mag dit klink of die boek ’n swaarmoedige ervaring bied, maar Wepener verskil. Hy omskryf dit as ’n bron wat geloofsgemeenskappe kan help om tydens Lydenstyd op Bybelse wyse te kla juis om ons te help met die blues waarin ons is.

Die boek bevat 14 preekvoorstelle deur 13 teoloë van die Fakulteit Teologie by die Universiteit Stellenbosch. Dit kos R240 en word uitgegee deur Bybel-Media.

Kerkbode is 'n Bybel-Media-Publikasie.
13 Feb Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 10 - Noah's Ark in Uganda: 'n Tuiste vir honderde kinders

In die middel 90's word 'n klein kindjie in Uganda in 'n swartsak langs die pad opgetel deur Peter en sy vrou, Pita van Nederland. Die kindjie word toe groot in hul woonstel in Kampala. In 1999 stig hulle 'n organisasie, Noah's Ark, wat na sulke kinders omsien. John en…
13 May 24 min

Ep. 9 - Is bloed dikker as water?

Ons vier Sondag, 12 Mei 2024, Moedersdag. Vir baie vroue is dit ’n dag van viering, maar vir talle hou dit groot pyn en selfs rou in. Die Taakspan Gendergeregtigheid kyk in hierdie episode na kwessies wat hiermee verband hou. Ons gesels met Sarize Retief, gemeentepredikant in Aggeneys, oor haar…
12 May 22 min

Ep. 7 - Dinge van die lug: reënboë en beloftes

Rudolph, Jean-Mari en hul dogtertjie Talitha woon in Rawsonville. Hy is ’n dominee, en Jean-Mari hou skool. Ons kuier saam met hulle op Worcester se vliegveld terwyl daar af en toe ‘n vliegtuig opstyg en daar gekommunikeer word op 124.8 MHz tussen mense in vliegtuie en mense op die grond…
28 Apr 18 min

Ep. 6 - Aletia Grundling: 'n Boeremeisie met 'n missie

Aletia Grundling is bewys daarvan dat dinamiet in klein pakkies kom. Hierdie boervrou van Simondium jaag sommer met haar motor tussen toeskouers in wat sit en toekyk hoe bendelede mekaar doodmaak. “Hier gaan geen ouer meer toekyk hoe haar kind in ‘n silwer sak weggedra word nie!” Hierdie passie vir…
22 Apr 23 min