DA dreig met regsaksie na nog 'n huis in Barberton afbrand
Loading player...
Die DA dreig met regsaksie teen Mbombela om die munisipaliteit te forseer om minimum-branddienste aan Barberton te lewer. Dit volg na nog ‘n huis Saterdagaand in Emjindini tydens ‘n brand verwoes, en twee mense gehospitaliseer, is. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Mbombela-brandweer het twee ure later eers opgedaag. Hy sê die volgehoue tekort aan brandweerdiense aan Barberton word vererger deur die ANC-beheerde stadsraad se weiering om ‘n brandweerwa in die dorp te stasioneer.