N4-ongeluk eis twee onderwysers

Loading player...
Twee onderwysers is gistermiddag dood on ‘n trompop-botsing op die N4 buite Mbombela. Volgens Emer-G-Med het 'n ligte afleweringsvoertuig en sedan omstreeks 20-oor-3 tussen Eric's Stalls en Rivulets teen mekaar vasgery. Vyf mense is beseer. ‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die onderwysers was op pad terug van 'n opleidingsessie by die Emalahleni Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie Akademie. Die LUR, Bonakele Majuba, sal die families van die oorledenes vandag besoek.
29 Feb 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Beplanning begin vir 2025 skooljaar

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, vergader vandag met alle kringbestuurders in Witbank terwyl die skole hierdie week sluit – om hul gereedheid vir die 2025-skooljaar te bepaal. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, heropen skole op 13 Januarie vir onderwysers en op 15 Januarie vir…
12 Dec 4AM 1 min

Premier bekommerd oor impak van Mosambiekse onlus op Mpumalanga

Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie se ligging, aangrensend met Mosambiek en Eswatini, is voordelig en nadelig vir sy ekonomie. Hy het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n bilaterale vergadering tussen ander ministers en die provinsiale uitvoerende gesag gevra om die voortslepende betogings in Mosambiek, weens ‘n…
11 Dec 3AM 1 min

SANParke paraat vir stropers die feestyd

SANParke sê daar was onlangs ‘n toename in stropery in die Krugerwildtuin. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê die stel van strikke en vergiftiging van diere het veral toegeneem. In reaksie sal toesig by toegangshekke die feestyd verhoog word. Ander misdaadvoorkomingsinisiatiewe sluit in die nagaan van voertuie in die park, die…
6 Dec 3AM 1 min

Onwettige myners ondergronds vasgekeer in Sabie

Die polisie, mediese nooddienste, en private sekuriteitsmaatskappye monitor ‘n situasie in Sabie waar ‘n groep onwettige mynwerkers ondergronds in ‘n verlate mynskag vasgekeer is. Die polisie skat daar is ongeveer 150 mense. Drie van hulle is glo dood. Twee buitelandse burgers is saam met vier Suid-Afrikaners suksesvol gered. Volgens die…
4 Dec 6AM 1 min

Twee arrestasies gemaak na vrou se moord tydens plaasaanval in Lydenburg

Twee Mosambiekse mans sal binnekort in die Mashishing-landdroshof verskyn weens die moord Maandag op ‘n vrou tydens ‘n plaasaanval buite Lydenburg. Volgens die polisie is die 41-jarige Vinolia Sedibe verwurg. Die mans het die huis bestorm en haar en ‘n ander vrou beroof. Hulle is gister gearresteer. Hulle sal aangekla…
4 Dec 2AM 1 min