Liana Weideman vra Barend Howard die ‘ja-woord’ op Skrikkeldag
--:--
Op die Joyride, het Nico van der Westhuizen, Nikki van der Linde en Kayla Barker gesorg dat die dag afsluit op ’n hoë musikale noot, asook die gebruiklike Skrikkeldag huweliksaanbod – die keer van Theunissen. Liana Weideman het Barend Howard die ‘ja-woord’ gevra en dié twee se storie het die span asook van die luisteraars wat gelukwense ingestuur het, in trane gehad.