FlySafair begin met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad

--:--
FlySafair het vandag met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad begin. Dit is die eerste keer dat dié lugredery vandaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe vlieg. Die provinsiale regering was vanoggend by om amptelik die historiese roete bekend te stel. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n groot bydrae lewer om Mpumalanga as ‘n toerisme-aantreklikheid te bevorder.
2 Apr 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Regering faal Lily Myn-gesinne steeds

Die regering hou aan om die gesinne van die Lily Myn-tragedie in die steek te laat. Dit is volgens Harry Mazibuko, die woordvoerder van die gesinne van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda. Hul liggame bly sedert die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Mazibuko sê…
6 May 8AM 1 min

Moordverdagte herarresteer na maande as voortvlugtige

‘n Moordverdagte wat op die vlug geslaan het na hy borgtog toegestaan is, is Vrydag herarresteer. Volgens die polisie in Mpumalanga word Nqubeko Bright Mchunu aangekla van die moord op Tsepo Maseko. Mchunu het as ‘n sekuriteitswag gewerk toe geweldadige protesaksie in Augustus 2022 by Steve Tshwete-munisipaliteit in Middelburg uitgebreek…
6 May 7AM 1 min

LUR bekommerd na nog ‘n verkeersbeampte deur vragmotor doodgery word

Die waarnemende LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busi Shiba, het haar skok uitgespreek na nog ‘n verkeersbeampte deur ‘n vragmotor doodgery is op die provinsie se paaie. Die jongste voorval het Sondagoggend op die N4 naby Komatipoort plaasgevind toe die betrokke beampte ‘n vragmotor probeer stop het. Dit is die…
6 May 7AM 1 min

Meer as 4-miljoen-Rand se kokaïen ontdek na motorongeluk in Mbombela

‘n 23-jarige man word deur die polisie ondervra na hy betrap is met wat hulle glo kokaïen is. Hy was gistermiddag in ‘n ongeluk op die N4 naby Valencia in Mbombela toe die sleepwa van sy KIA-bakkie losgekom het. Beamptes wat op die ongeluk gereageer het, het gemorsde wit poeier…
3 May 5AM 1 min

Twee ontvoerde kapingslagoffers naby Hazyview gered

Twee kapingslagoffers is Woensdagaand gered na hulle vroëer die dag naby Hazyview ontvoer is. Volgens die polisie het hulle ‘n vergadering by ‘n laerskool in Nyongane bygewoon. Een het na afloop daarvan ‘n probleem met sy voertuig ondervind en terwyl ander mense hom probeer help het, het drie gewapende verdagtes…
3 May 5AM 1 min