Ep. 6 - Aletia Grundling: 'n Boeremeisie met 'n missie

--:--
Aletia Grundling is bewys daarvan dat dinamiet in klein pakkies kom. Hierdie boervrou van Simondium jaag sommer met haar motor tussen toeskouers in wat sit en toekyk hoe bendelede mekaar doodmaak. “Hier gaan geen ouer meer toekyk hoe haar kind in ‘n silwer sak weggedra word nie!” Hierdie passie vir haar medemens en die hestel van gesinne in die Drakenstein area is die dryf wat MCM (Monte Christo Miqlat), die nie-winsgewende organisasie waarvan sy die uitvoerende hoof is, aan die gang hou.

Heléne Meissenheimer van Kerkbode het in die Kaapkerk ateljee met Aletia gesels oor haar bediening en die rol wat MCM in die Paarl speel. Dit volg na die verskyning van ‘n nuwe publikasie wat saamgestel is deur prof. Erwin Schwella met die titel Caribuntu. Een van die hoofstukke in die boek is gewy aan die werk en stories van MCM.

In dié opname vertel Aletia hoe dit gebeur het dat bendebedrywighede ontlont is en hoe daar daadwerklik gebou word aan vredevolle en volhoubare gesinne.
22 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 10 - Noah's Ark in Uganda: 'n Tuiste vir honderde kinders

In die middel 90's word 'n klein kindjie in Uganda in 'n swartsak langs die pad opgetel deur Peter en sy vrou, Pita van Nederland. Die kindjie word toe groot in hul woonstel in Kampala. In 1999 stig hulle 'n organisasie, Noah's Ark, wat na sulke kinders omsien. John en…
13 May 24 min

Ep. 9 - Is bloed dikker as water?

Ons vier Sondag, 12 Mei 2024, Moedersdag. Vir baie vroue is dit ’n dag van viering, maar vir talle hou dit groot pyn en selfs rou in. Die Taakspan Gendergeregtigheid kyk in hierdie episode na kwessies wat hiermee verband hou. Ons gesels met Sarize Retief, gemeentepredikant in Aggeneys, oor haar…
12 May 22 min

Ep. 7 - Dinge van die lug: reënboë en beloftes

Rudolph, Jean-Mari en hul dogtertjie Talitha woon in Rawsonville. Hy is ’n dominee, en Jean-Mari hou skool. Ons kuier saam met hulle op Worcester se vliegveld terwyl daar af en toe ‘n vliegtuig opstyg en daar gekommunikeer word op 124.8 MHz tussen mense in vliegtuie en mense op die grond…
28 Apr 18 min

Ep. 5 - Hierdie Lazarus help sy dorp opstaan

Lazarus Makwena dra vanoggend ‘n “hoodie” wat lees “Victoria-Wes Plek van Hoop”. Ons het langs hom op die sypaadjie gaan sit en gevra hoe dit op die platteland gaan en hoe hy en ander besig is om hoop te bring in ‘n arm en behoeftige gemeenskap. Hy vertel onder andere…
12 Apr 12 min