Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

--:--
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om te betoog, maar mag nie ander se vryheid van beweging belemmer nie. Hy sê die R40 is ‘n belangrike roete tussen Mpumalanga en Limpopo en padversperrings affekteer sakeondernemings. Shongwe voeg by dit is onaanvaarbaar dat eiendom vernietig word.
22 Apr 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Meer as 4-miljoen-Rand se kokaïen ontdek na motorongeluk in Mbombela

‘n 23-jarige man word deur die polisie ondervra na hy betrap is met wat hulle glo kokaïen is. Hy was gistermiddag in ‘n ongeluk op die N4 naby Valencia in Mbombela toe die sleepwa van sy KIA-bakkie losgekom het. Beamptes wat op die ongeluk gereageer het, het gemorsde wit poeier…
3 May 5AM 1 min

Twee ontvoerde kapingslagoffers naby Hazyview gered

Twee kapingslagoffers is Woensdagaand gered na hulle vroëer die dag naby Hazyview ontvoer is. Volgens die polisie het hulle ‘n vergadering by ‘n laerskool in Nyongane bygewoon. Een het na afloop daarvan ‘n probleem met sy voertuig ondervind en terwyl ander mense hom probeer help het, het drie gewapende verdagtes…
3 May 5AM 1 min

Rolspelers vergader oor sekerheids-kommernisse by skole in Masoyi

Die Provinsiale Onderwysdepartement het vanoggend vergader met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Fanie Ngwenyama, provinsiale voorsitter van Nehawu in Mpumalanga:
2 May 8AM 1 min

Laeveld Lugskou volgende naweek

Die ABSA Laeveld lugskou wat volgende week plaasvind, behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in SA vir ‘n lugskou: Die Ou Nelspruit-lughawe. Johan Heine van Kishugu:
2 May 8AM 1 min

Onderwysdepartement soek oplossings vir misdaad teen Masoyi-skole

Die Mpumalanga Onderwysdepartement vergader môre met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Dit volg op ‘n gewapende rooftog by Jerusalem Sekondêr op 10…
1 May 7AM 1 min