
Pensioenaris vas wat glo bewysstukke weggooi
Loading player...
'n Voormalige AO wat intussen afgetree het, het gister in die Delmas-landdroshof verskyn vir beweerde regsverydeling en peuter met bewysstukke. Die 60-jarige Samuel Bassie Mahlangu se hofverskyning kom na hy glo bewysstukke in ‘n ondersoek na onwettige mynboubedrywighede in ‘n asblik weggegooi het. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Mahlangu het vir die gouddraende materiaal waarop beslag gelê is tydens ‘n ontwrigtende operasie in Augustus in die bewysstukke register by Delmas SAPD geteken. Die saak is tot 27 Junie 2024 vir verdere ondersoek uitgestel.