
DA vra vir tweede polisiestasie in Pienaar
Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, om ‘n tweede polisiestasie in Pienaar buite Mbombela op te rig. Dit volg op ‘n vlaag skokkende moorde waartydens vier vroue en kinders in soveel weke vermoor en begrawe of verbrand is. Volgens Teboho Sekaledi, die DA se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is daar ‘n gemiddeld van slegs een polisiebeampte vir elke duisend inwoners.