Mkhondo-munisipaliteit sonder SB, HFB

Loading player...
Die DA in Mkhondo het ‘n beroep gedoen op die burgemeester, Ngelosi Ndhlovu, om dringend ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte aan te stel. Dit volg na die termyne van die vorige twee op 31 Julie verstryk het, en die munisipaliteit geen stappe geneem het om die posisies te vul nie. Die DA-raadslid, Irene Brussow, sê gevolglik het dienslewering tot ‘n stilstand gekom. Sy sê die munisipaliteit kon ten minste toestemming gevra het om die termyne van die twee amptenare, wat waargeneem het in die poste, te verleng.
6 Aug 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

'Nuwe' CEO vir KLCBT

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder.
12 Feb 2AM 8 min

Beleef die LDV T60

Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
7 Feb 3AM 19 min

GRIP veg om deure oop te hou met verlies aan Pepfar-fondse

Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies…
3 Feb 8AM 10 min

Transnet sekertheidswag gevonnis vir kabeldiefstal

Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo…
29 Jan 7AM 1 min