Ondersoek na motoris leeu tref in wildtuin
--:--
SANParke sê hy ondersoek 'n voorval waartydens 'n voertuig na bewering eergister 'n leeu in die wildtuin getref het. Volgens die Krugerwildtuin het dit by 'n besigtiging plaasgevind en geniet die voorval die hoogste aandag. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle kon die voertuigbestuurder opspoor deur hul sekuriteitskameras. Hy sê die eienaar sal waarskynlik beboet word.