Verdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton

Loading player...
‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word twee verdagtes nog gesoek.
13 Sep 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min