Rapport Praat Sport | Dís Rassie se plan met jaareind-span

Loading player...
Hendrik Cronjé onthul wat sy bronne vir hom sê oor Rassie Erasmus se rotasie-planne vir die drie toetse op die jaareindtoer. Ons gesels ook oor die spelers en spanne wat tot dusver indruk maak in die Verenigde Rugbykampioenskap (hoe lekker brul dié trop Leeus nie!). Wêreldrugby het ook weer gaan staan en torring aan die reëls... maar gaan dit dalk ’n kobra-effek tot gevolg hê? Jóhann Thormählen voorspel sy wenners van dié naweek se VRK-wedstryde (druk toe jou ore, Stormers-fên), Tinus van Staden gesels oor die tekort aan diepte in Suid-Afrikaanse krieket en vele meer in dié week se Rapport Praat Sport.
9 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!

Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie…
22 Jul 23 min

Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken

Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie…
15 Jul 14 min

Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets

In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat…
8 Jul 27 min

Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’

Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien…
1 Jul 12 min

Waar is Iere wat Nienaber gas gee?

Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees.
24 Jun 30 min