Gershwin Mias vat grond met Skemergrond.

Loading player...
Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Ons maak kennis met die inwoners van Gemoedsdrif, en die plase in die onmiddellike omgewing, wanneer die aflewering van ’n brief lei tot groot spanning en gebeure wat die lewe van die Louw-familie onherroeplik gaan verander.Kevin Johannes (Gershwin Mias) is ’n entrepreneur met sy eie vervoermaatskappy. Hy vervoer elke dag die blomme van Everlasting na al die verskillende kliënte.
Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dié telenovelle begin op 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up en DStv Stream.
9 Oct 2024 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Beloofde Land? ’n Dokumentêre reis deur Suid-Afrikaanse drome en vrese

In ses aflewerings reis Rian van Heerden deur Suid-Afrika en die Verenigde State om te sien of Amerika steeds die beloofde land is of net ’n volgende hoofstuk in Suid-Afrikaners se soeke na veiligheid en stabiliteit. Beloofde Land begin op 7 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal…
14 Jan 12PM 7 min

Op pad met my potjie: Joalette se reis deur Namibië

Na ’n geurige eerste seisoen neem Joalette De Villiers ons weer op ’n avontuur deur Namibië. Sy sien nuwe mense, nuwe potjies en nuwe geure. Saam ontdek ons kennis, avontuur en passie. Vanaf Vrydag 28 November, 18:30, kykNET, kanaal 144.
26 Nov 2025 12PM 6 min