Ondersoek gelas na sterfte van tweejarige in Bosbokrand

--:--
Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ander is hospitaal toe geneem vir behandeling. Twee is intussen weer ontslaan. Die polisie werk saam met gesondheidsorgkenners en ander rolspelers om beweringe te ondersoek oor kos wat die kinders vooraf sou geëet het.
31 Oct 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Onwettige myners ondergronds vasgekeer in Sabie

Die polisie, mediese nooddienste, en private sekuriteitsmaatskappye monitor ‘n situasie in Sabie waar ‘n groep onwettige mynwerkers ondergronds in ‘n verlate mynskag vasgekeer is. Die polisie skat daar is ongeveer 150 mense. Drie van hulle is glo dood. Twee buitelandse burgers is saam met vier Suid-Afrikaners suksesvol gered. Volgens die…
4 Dec 6AM 1 min

Twee arrestasies gemaak na vrou se moord tydens plaasaanval in Lydenburg

Twee Mosambiekse mans sal binnekort in die Mashishing-landdroshof verskyn weens die moord Maandag op ‘n vrou tydens ‘n plaasaanval buite Lydenburg. Volgens die polisie is die 41-jarige Vinolia Sedibe verwurg. Die mans het die huis bestorm en haar en ‘n ander vrou beroof. Hulle is gister gearresteer. Hulle sal aangekla…
4 Dec 2AM 1 min

Goven Mbeki lieg oor rede vir watertekorte

Die DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir…
3 Dec 4AM 1 min

DA geskok oor tekort aan water en kragtoevoer aan 2-miljard-Rand projek

Die DA gaan die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, vra om in te gryp by die Internasionale Vrasproduktemark in Nelspruit. Volgens Tersia Marshall van die DA het die gebou die afgelope ses jaar die belastingbetaler reeds 2-miljard-Rand gekos om op te rig, maar daar is geen lopende water of elektrisiteit nie…
3 Dec 4AM 1 min