Ackers onthul: Dís hoekom ek terugkeer na SA

Loading player...
Johan Ackermann sluit hom dié week by Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe rol by die Junior Springbokke. Hy verduidelik waarom hy dié pos aanvaar het, verklap ’n paar geheime van Japanse klubrugby en erken ’n pos by die Bokke iewers in die toekoms is iets wat hy met albei hande sal aangryp. Peter Engledow, Cameron Hanekom se skole-afrigter, vertel van die dag dat Hanekom vir hom gesê het: “Meneer, ek sal dít nooit weer toelaat nie.” En voel dit vir jou ook of Rassie Erasmus na Cardiff opruk met ’n bazoeka om ’n hasie te jag, waar ’n windbuks sou deug?
20 Nov 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!

Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie…
22 Jul 23 min

Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken

Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie…
15 Jul 14 min

Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets

In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat…
8 Jul 27 min

Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’

Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien…
1 Jul 12 min

Waar is Iere wat Nienaber gas gee?

Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees.
24 Jun 30 min