Goven Mbeki lieg oor rede vir watertekorte

Loading player...
Die DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir Cogta, Speedy Mashilo, het egter tydens 'n portefeuljekomiteevergadering aan die lig gebring dat Rand Water 'n 50%-waterversperring op die munisipaliteit afgedwing het weens hul skuld – wat meer as R800 miljoen is.
3 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Koeie teruggekry tydens Operasie Shanela

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, was ingenome om gister 26 stukke vee, wat na vermoede gesteel is, te konfiskeer. Dit was deel van Operasie Shanela wat in Verena uitgevoer is. ‘n Man is ingeneem vir polisieondervraging. ‘n Ander is beboet vir die besit van ongebrandmerkte diere. Mkhwanazi…
3 Jan 4AM 1 min

Oproep vir gereedheid vir 2025 skooljaar

Die Departement van Onderwys doen 'n beroep aan skoolbeheerliggame en skoolbestuurspanne om voorbereiding vir die suksesvolle en naatlose aanvang van die 2025-skooljaar te begin. Skole heropen op 15 Januarie. Volgens ’n woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Onderwys, Gerald Sambo, is dit 'n tyd vir kollektiewe aksie en 'n hernieude…
2 Jan 6AM 1 min

N4 ongeluk eis sewe lewens

Sewe mense, insluitend ‘n kleuter van ongeveer twee jaar oud, is gistermiddag dood in ‘n botsing op die N4-tolpad tussen Belfast en Wonderfontein. Volgens die woordvoerder van die departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, het een van die sedans na vermoede beheer verloor en trompop teen ‘n ander, aankomende…
1 Jan 4AM 1 min

Meer as 530 mense vir dronkbestuur in Mpumalanga gearresteer

Die polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra…
31 Dec 2024 7AM 1 min

Twee polisiebeamptes aangekla weens transitorooftog

Twee polisiebeamptes wat gister in die Vaalbank-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met ‘n transitorooftog, bly in aanhouding tot hulle op 27 Februarie saam met nog ‘n beskuldigde, wat in die Witbank-tronk is, in die hof sal verskyn. Volgens die Valke in Mpumalanga is Zachariah Magopa sedertien uit…
19 Dec 2024 4AM 1 min