SANParke paraat vir stropers die feestyd

Loading player...
SANParke sê daar was onlangs ‘n toename in stropery in die Krugerwildtuin. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê die stel van strikke en vergiftiging van diere het veral toegeneem. In reaksie sal toesig by toegangshekke die feestyd verhoog word. Ander misdaadvoorkomingsinisiatiewe sluit in die nagaan van voertuie in die park, die gebruik van tegnologie soos nommerplaat herkenning en radar, die verhoogde inspanning van honde-eenhede en ‘n toename in patrollies deur veldwagters.
6 Dec 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min