Beplanning begin vir 2025 skooljaar

Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, vergader vandag met alle kringbestuurders in Witbank terwyl die skole hierdie week sluit – om hul gereedheid vir die 2025-skooljaar te bepaal.
Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, heropen skole op 13 Januarie vir onderwysers en op 15 Januarie vir leerders. Sleutelonderwerpe sluit in toelatings, verbeterings aan skoolinfrastruktuur, die verskaffing van leer- en onderrigondersteuningsmateriaal, papierbegrotings, voedingsprogramme en maatreëls wat met skoolveiligheid verband hou.
12 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Vermeende stroper na vermoede deur seekoei gedood in Krugerwildtuin

Die bestuur van die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van die lyk, vermoedelik dié van 'n stroper, wat in 'n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte agtergelaat is. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, blyk dit dat daar drie individue was wat die park snags onwettig binnegekom het met die doel om misdaad…
20 Jan 8AM 1 min

Paaie in Krugerwildtuin heropen na reën

Die meeste van die grondpaaie in die Krugerwildtuin is heropen namate die weerstoestande verbeter het. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, is die hoofpad tussen Skukuza en Onder Sabie gedeeltelik weggespoel en kan dit via Tshokwane bereik word. In Tshokwane is alle grondpaaie oop, buiten die S33. Die Sand en Sabie…
17 Jan 4AM 1 min

Vyf gearresteer na moord op polisiebevelvoerder in Ermelo

Die Mpumalanga polisie het binne 24 uur van sy dood vyf verdagtes aangekeer in verband met die moord gistermiddag op Luitenant-Kolonel Piet Pretorius in Ermelo. Volgens die polisiewoordvoerder, Luitenant-Kolonel Jabu Ndubane, is hulle is Nelspruit aangekeer. Die 59-jarige bevelvoerder in die voertuig identifiserings-eenheid was aan diens toe hy verskeie kere…
17 Jan 3AM 1 min

Barberton ly groot skade tydens storm

Na 'n hewige donderstorm gisteraand het groot dele van Barberton en Umjindi nie vandag elektrisiteit gehad nie. DA-raadslid Philip Minnaar hoop dit sal alles teen vanaand herstel wees. Die amper 80 mm wat binne so halfuur geval het, het ook stormwaterdreine oorweldig - en natuurlik het Barberton 'n langdurige probleem…
16 Jan 7AM 7 min

Koeie teruggekry tydens Operasie Shanela

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, was ingenome om gister 26 stukke vee, wat na vermoede gesteel is, te konfiskeer. Dit was deel van Operasie Shanela wat in Verena uitgevoer is. ‘n Man is ingeneem vir polisieondervraging. ‘n Ander is beboet vir die besit van ongebrandmerkte diere. Mkhwanazi…
3 Jan 4AM 1 min