Meer as 530 mense vir dronkbestuur in Mpumalanga gearresteer

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering van noodlottige ongelukke. Hy het 'n beroep gedoen vir verantwoordelike vierings en versoek samewerking met wetstoepassers.
31 Dec 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Beleef die LDV T60

Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
7 Feb 3AM 19 min

GRIP veg om deure oop te hou met verlies aan Pepfar-fondse

Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies…
3 Feb 8AM 10 min

Transnet sekertheidswag gevonnis vir kabeldiefstal

Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo…
29 Jan 7AM 1 min

Voetspore 14 speel af in Suid-Amerika

Die gewilde reisprogram "Voetspore" is volgende maand terug op die kassie met 'n nuwe reeks wat in Suid-Amerika geskiet is. Johan Badenhorst, die vervaardiger, gesels met Kies Koers.
29 Jan 6AM 11 min