ONDERHOUD: STEFAN LÖTTER GESELS OOR SY LOOPBAAN AS AKTEUR

Loading player...
Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met Stefan Lötter, ʼn jong man wat eers Ekonomie studeer het, maar altyd ʼn passie gehad het vir die kunste en toe radio omroeper geword het. In 2023 verruil hy die radio mikrofoon vir televisie en die verhoog. Hy maak ʼn draai voor die kameras as ʼn jong Gys Swarts in die Kyknet sepie Diepe Waters en is tans te sien op die professionele verhoog in die skreeusnaakse klug My Boetie se Sussie se Ou. Sy dae bestaan uit werk as eiendomsagent, woorde leer en toneelspeel. ʼn Besige skedule, maar een wat hy met ywer en passie aanpak. Stefan dankie vir die gesels vandag.
10 Feb 2025 Afrikaans South Africa Arts · Music

Other recent episodes

ONDERHOUD: HET VAN VERLANGEKRAAL - LEFRA PRODUKSIES

Goeiedag en welkom by vandag se besondere onderhoud op Styleskoops. Ons duik diep in ’n storie wat SA se teaterwêreld stormloop – Het van Verlangekraal. Ek gesels met die regisseur, Frans Swart, wat hierdie kragtige drama na die verhoog gebring het. Wat maak hierdie storie so tydloos en relevant? Bly…
8 Apr 11 min

ONDERHOUD: FRANS SWART GESELS OOR OPPIWATER KUNSTEFEES

Welkom by vandag se kunste- en kultuuronderhoud op Styleskoops. Die Oppiwater Kunstefees is ’n hoogtepunt op SA se kunste kalender – met ’n passie vir plaaslike talent en gemeenskapsbetrokkenheid. Ons gesels met ’n sleutelfiguur, Frans Swart, agter die fees oor wat dit so spesiaal maak, die uitdagings en die opwindende…
8 Apr 11 min

ONDERHOUD: ONS GESELS MET ANDRIETTE GEORGIOU OOR MONDVOL

Van Masterchef SA Seisoen 4 se naaswenner tot vreugdevolle bo-baas bakster, Andriette is die hart en siel van Mondvol – ‘n fantastiese wêreld waar koekies nie net lekkernye is nie, maar vieringe van die alledaagse magiese oomblikke van die lewe. Met haar Klassieke Koekieboks en ‘n missie om vroue deur…
7 Apr 9 min

ONDERHOUD: BARNARD BEUKMAN GESELS OOR SA SE NUWE AFRIKAANSE KOERANT – DIE PAPIER

’n Nuwe hoofstuk in Afrikaanse joernalistiek word hierdie week oopgeslaan met die bekendstelling van Die Papier. ’n Splinternuwe Afrikaanse koerant. In ’n tyd waar drukmedia wêreldwyd onder druk is, word dié bekendstelling as geskiedkundig beskryf. Ons gesels met die publikasie se redakteur, Barnard Beukman, oor waar die idee begin het,…
2 Mar 7 min