Alle paaie lei na Fraserburg vir die oudste jeugdramageleentheid in die land!

Loading player...
Die Fraserburg Logan Toneelfees is Suid Afrika se grootste en oudste jeugdramageleentheid. Dit is opvallend ook die langslopende Afrikaanse fees wat op een plek aangebied word. Dit vind jaarliks plaas tydens die eerste week van Augustus en speel af in die ouditorium van Hoërskool Fraserburg, wat as ‘n lojale ondersteuner van die fees dien. Tydens die fees word daar ook ‘n verskil gemaak in die gemeenskap se lewens met spesifieke fokus op kinders as begunsdigdes van die “Be The Good” inisiatief. Oscar van Antwerpen, HUB van Minrom en stigter van “Be The Good” sluit by OFM se Yolanda Maartens aan en vertel oor die besonderse gebeure wat plaasvind tydens die Logan Toneelfees sowel as die Fossielpraatjies wat die publiek kan ondersteun. Meerbesonderhede beskikbaar by https://logantoneelfees.co.za/
14 Jul 2025 9AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Dapper McKenzie deel haar storie

McKenzie Bradfield van Welkom, is net 11 jaar oud en vertel met dapperheid hoe skielike gehoorverlies haar wereld verander het.
2 Mar 11AM 3 min

'n Nuwe wêreld vir SW Saunders

Ma Janeke Saunders van Jan Kempdorp vertel hoe ‘n nuwe wereld oop gegaan het vir haar seuntjie SW wat vanjaar ook Gr 1 in ‘n hoofstroom skool kon begin.
2 Mar 8AM 4 min