
Heindrich Wyngaard: Gayton sal steun kry tot die volgende ‘bruin messias’ kom
Loading player...
Die Patriotic Alliance se adjunkleier, Kenny Kunene, is die afgelope week geskors omdat hy by ’n vermeende moordbendelid se huis was. Maar ondanks skandale soos dié groei die party onverpoos danksy die charisma van sy leier, Gayton McKenzie. Heindrich Wyngaard, voorsitter van Kaapse Forum, praat met Tim du Plessis, Dawie Boonzaaier en Liezel de Lange oor die ystervuis waarmee McKenzie sy party regeer.
