Wat is mense se probleem met Manie?

Loading player...
’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev.
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies.
Du Plessis praat ook oor sy groot geveg.
Hy sê hy weet hy kan sterf in die agthoek.
“En dit sal my glad nie pla nie. As dít die laaste ding is wat ek doen, sal dit ongelooflik wees. Ek sien nog nie ’n lewe ná dié geveg nie,” sê Du Plessis.
Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuses vir die Wallabies – en ons almal reken hy het raakgevat met Manie Libbok op losskakel. Ons wonder maar net: Hoekom is Bok-aanhangers altyd so vies as Libbok op nr. 10 begin?
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
13 Aug 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!

Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie…
22 Jul 23 min

Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken

Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie…
15 Jul 14 min

Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets

In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat…
8 Jul 27 min

Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’

Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien…
1 Jul 12 min

Waar is Iere wat Nienaber gas gee?

Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees.
24 Jun 30 min