Boere Oktober Fees 2025 help om broodnodige fondse in te samel vir die President Steyn-skool Bloem

Loading player...
Die Steyner Boere Oktober Fees Week aangebied deur President Steyn-skool, geborg deur Human Auto vind 16 tot 18 Oktober 2025 plaas by Be Human buite Bloemfontein. Op Donderdag, 16 Oktober, klim groot name in die ring tydens die Bokke Fight Night. Oud-Springbokke Ollie le Roux en James “Bullet” Dalton pak mekaar. Die volgende aand, Vrydag, 17 Oktober 2025, is dit Ladies Night, met Steve Hofmeyr op die verhoog asook OFM se Shandor Potgieter wat teen ’n geheime teenstander te staan kom. Saterdag, 18 Oktober beloof pret vir die hele gesin met Appel op die verhoog, saam met Daniel Wesley, Ryk Kleynhans, Belinda & Amy, en die Grey College Boere Orkes!

Onderwysers Bianca Esterhuizen en Dricus Kotzé sluit by Yolanda Maartens aan met al die besomderhede oor vanjaar se Steyner Oktober Feesweek. OFM is die trotse mediaborg van die Boere Oktober Fees Week aangebied deur President Steyn-skool, geborg deur Human Auto.
1 Oct 2025 12PM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Dapper McKenzie deel haar storie

McKenzie Bradfield van Welkom, is net 11 jaar oud en vertel met dapperheid hoe skielike gehoorverlies haar wereld verander het.
2 Mar 11AM 3 min

'n Nuwe wêreld vir SW Saunders

Ma Janeke Saunders van Jan Kempdorp vertel hoe ‘n nuwe wereld oop gegaan het vir haar seuntjie SW wat vanjaar ook Gr 1 in ‘n hoofstroom skool kon begin.
2 Mar 8AM 4 min