Gesondheidsake: 🌿Oud word is nie ’n siekte nie 🌿 - 28 Januarie 2026

Loading player...
In vandag se Gesondheidsake-gesprek gesels Gerda oor hoekom ligter slaap, ’n bietjie meer onvasheid op jou voete en liggaamspyne deel kan wees van die normale en natuurlike verouderingsproses – en hoekom dit nie noodwendig siekte beteken nie.
👉 Ons kyk ook na algemene bekommernisse soos cholesterol en bloeddruk by ouer mense
👉 Wat is “normaal” en wanneer moet ’n mens aandag gee?
👉 En natuurlik – Gerda los ons nie sonder ’n positiewe perspektief op ouderdom nie
Daar word ook prakties gesels oor tekorte soos Vitamien B, Magnesium, Omega 3 en Lecithin, en hoe hierdie aanvullings kan bydra tot gesonder, positiewe veroudering.
🎧 Skakel gerus in en luister saam – want oud word beteken nie jou liggaam gee op nie… dit beteken jy moet hom net beter verstaan en ondersteun.
28 Jan Afrikaans South Africa Health & Fitness · Alternative Health

Other recent episodes

Gesondheidsake: Vitamiene, Minerale & Jou Liggaam - 01 April 2026

Ons liggaam werk soos ’n fyn ingestelde orkes – en vitamiene en minerale is die sleutel tot balans en goeie funksionering. 💡 In hierdie gesprek kyk ons na: Brein & senuweestelsel – B-vitamiene vir energie, fokus en gemoed Hart & bloedvate – Magnesium en Omega-3 vir ’n gesonde hart Immuunstelsel…
3 Apr 13 min

Gesondheidsake: 🧴 Jou vel vertel ’n storie 04 Maart 2026

Hierdie week in Gesondheidsake gesels Christine van The Local Choice Hartenbos Apteek oor hoekom jou vel dikwels ’n teken is van wat binne-in jou liggaam aangaan. Aknee, rooiheid, droë vel of selfs bros naels kan soms verband hou met hormone, inflammasie, voedingstekorte of stres. Daarom moet ons nie net vra…
5 Mar 12 min