Episode 152: Charles Back

Loading player...
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra.

Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel.

Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf.

As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan… Webwerf
2 Sep 2022 Afrikaans South Africa Business · Marketing

Other recent episodes

Episode 192: Gideon Galloway

Hierdie episode is oorspronklik op 19 September 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Gideon Galloway se storie steeds een van daardie entrepreneursgesprekke is wat mens herinner: groot idees klink dikwels eers belaglik voordat dit vanselfsprekend word. Gideon is die stigter van King Price Insurance —…
26 May 1 hr 34 min

Episode 191: Pepe Marais

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Pepe Marais se storie vandag nog harder praat: oor hoe ’n besigheid eers kan val, en dan weer opstaan wanneer groei nie deur winsbejag gedryf word nie, maar deur ’n duidelike rede om te…
20 May 27 min

Episode 190: Ernest North - Naked Insurance

Hierdie episode is oorspronklik in 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Ernest North se storie vandag selfs skerper lees as toe: ’n Suid-Afrikaanse entrepreneur wat vroeg verstaan het dat versekering nie net goedkoper moes word nie, maar eenvoudiger, eerliker en meer menslik. Ernest is een…
13 May 1 hr 04 min

Episode 189: Hannon Bothma

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Hannon Bothma en Julius Swart se storie wys hoe ’n persoonlike passie, as dit lank genoeg met dissipline en vakmanskap gevoer word, uiteindelik ’n herkenbare Suid-Afrikaanse handelsmerk kan word. Hannon Bothma is vir baie…
30 Apr 26 min

Episode 188: Mike Bolhuis

Hierdie was een van die mees afgelaaide episodes op Klipkouers. Dit is oorspronklik in 2020 opgeneem, maar ek bring dit nou weer terug omdat Mike Bolhuis se wêreld — misdaad, dwelms, geweld en die beskerming van kwesbare mense — vandag nog net so hard teen Suid-Afrika se werklikheid skuur. Mike…
28 Apr 1 hr 19 min