Episode 122: Isak Marais

Loading player...
Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep.

Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en is ook invoerders en verspreiders van meer as 150,000 industriële produkte.

Die meet en voorspel van verbruikersgedrag is vir Marais van belang, asook die vermoë om waarde toe te voeg. Waardetoevoeging vereis ‘n omvattende paradigmaskuif van tradisionele baksteen-en-sement ondernemings na digitaal-gebaseerde platformbesighede, asook hope buigsaamheid.

Marais is ‘n strateeg en visioenêre sakeleier wat kreatiwiteit in elke aspek van besigheidsgroei toepas. Soos sy bekroonde Bramhope International School of Innovation (BISI) geloods, wat studente produktief in die maatskappy oplei.

Bramhope Outdoor & Leisure het onlangs ook die invoer- en verspreidingsregte bekom vir National Geographic se eksklusiewe reeks van produkte.

Hoewel hierdie wêreldberoemde handelsmerk op toerisme gemik is, is die plaaslike reeks ‘n prys-sensitiewe reeks, waarvan die inkomste teruggeploeg word in natuurbewaring.

Altyd daardie waardetoevoeging. Webwerf
27 Feb 2020 Afrikaans South Africa Business · Marketing

Other recent episodes

Episode 192: Gideon Galloway

Hierdie episode is oorspronklik op 19 September 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Gideon Galloway se storie steeds een van daardie entrepreneursgesprekke is wat mens herinner: groot idees klink dikwels eers belaglik voordat dit vanselfsprekend word. Gideon is die stigter van King Price Insurance —…
26 May 1 hr 34 min

Episode 191: Pepe Marais

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Pepe Marais se storie vandag nog harder praat: oor hoe ’n besigheid eers kan val, en dan weer opstaan wanneer groei nie deur winsbejag gedryf word nie, maar deur ’n duidelike rede om te…
20 May 27 min

Episode 190: Ernest North - Naked Insurance

Hierdie episode is oorspronklik in 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Ernest North se storie vandag selfs skerper lees as toe: ’n Suid-Afrikaanse entrepreneur wat vroeg verstaan het dat versekering nie net goedkoper moes word nie, maar eenvoudiger, eerliker en meer menslik. Ernest is een…
13 May 1 hr 04 min

Episode 189: Hannon Bothma

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Hannon Bothma en Julius Swart se storie wys hoe ’n persoonlike passie, as dit lank genoeg met dissipline en vakmanskap gevoer word, uiteindelik ’n herkenbare Suid-Afrikaanse handelsmerk kan word. Hannon Bothma is vir baie…
30 Apr 26 min

Episode 188: Mike Bolhuis

Hierdie was een van die mees afgelaaide episodes op Klipkouers. Dit is oorspronklik in 2020 opgeneem, maar ek bring dit nou weer terug omdat Mike Bolhuis se wêreld — misdaad, dwelms, geweld en die beskerming van kwesbare mense — vandag nog net so hard teen Suid-Afrika se werklikheid skuur. Mike…
28 Apr 1 hr 19 min