
40 Acts of Kindness: Barmhartige student van NWU se goedheid, red 'n lewe
Loading player...
Lara Schutte, 'n verpleegstudent aan die Noordwes-Universiteit, was op pad terug na Potchefstroom toe sy op 'n ernstige motorongeluk afgekom het. Sy was eerste op die toneel en het sonder om te huiwer, ingegryp om hulp te verleen wat 'n man se lewe gered het. Sy gesels met Yolanda Maartens op Mid-Morning Magic oor die ervaring en om 'n stukkie goedheid te deel met ander.



