‘BKS is net nog ’n droogte’ – Bull van Rensburg

Loading player...
“Dit was sekerlik die swaarste tyd in my lewe. Ek het emosioneel deurgeloop,”
vertel Bull van Rensburg, ’n boer van Humansdorp, in die eerste episode van
seisoen 2 van die Bly Boer-reeks.
Nie net was die Oos-Kaapse melkboer se plaas van 1 Mei 2024
tot 6 Junie 2025 weens bek-en-klouseer onder kwarantyn nie, maar sy verliese
word geraam op sowat R7,5 miljoen. Vir maande lank het sy inkomste opgedroog.
In die episode gesels hy kaalvuis oor die totale magteloosheid wat hy gevoel het en sy keuse om ’n kopskuif te maak.
Landbou.com se potgooireeks Bly Boer wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar om ook vreugde in hul dagtaak te vind. In elke episode verken ons nuwe manière om balans te vind sodat jy jou
roeping met passie kan uitleef.
Vir meer episodes besoek https://www.landbou.com/luister
20 Mar Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 8 - The Bee Shop Bloemfontein

In Episode 8 van Landboumark Voorslag gesels ons met Kenneth Nel van The Bee Shop Bloemfontein oor sy passie vir byeboerdery, hoe covid-19 die begin van sy onderneming geword het en waarom opleiding die sleutel tot sukses is. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan…
24 Aug 13 min

Landboumark Voorslag: Episode 7 - Uit die Dop

In die sewende episode van Landboumark Voorslag ontmoet ons Lizaan Bradfield, die boervrou wat van oorskotproduksie op hul plaas ՚n onderneming opgebou het – een pekanneuttertjie op ՚n slag. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas…
17 Aug 8 min

Landboumark Voorslag: Episode 6 - Putter Geologiese Dienste

In Episode 6 van Landboumark Voorslag maak ons kennis met Frans Putter van Putter Geologiese Dienste, ՚n hidrogeoloog wat boere geld spaar deur eerlik te sê wat die wetenskap wys, al beteken dit geen nuwe boorgat nie. Landboumark Voorslag word aangebied deur Elzette Boucher-Krüger. Nuwe episodes word elke Maandag om…
10 Aug 17 min

Landboumark Voorslag: Episode 5 - Terrapro CC

In episode 5 van Landboumark Voorslag hoor ons hoe ՚n toevallige ontdekking op ՚n Europese landbouskou meer as twee dekades se sukses met ՚n unieke produk vir Lukas Rautenbach van Terrapro CC voorafgegaan het. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark,…
3 Aug 21 min

Landboumark Voorslag: Episode 4 - Affieplaas Boerseep

In episode 4 van Landboumark Voorslag hoor ons van ՚n onderneming wat nie net outentieke plaasprodukte vervaardig nie, maar ook ander entrepreneurs bemagtig. Willem en Hannetjie Smit se besluit om weer boerseep volgens ՚n ou familie-resep op die plaas te maak, was die begin van iets veel groter. Vandag glo…
27 Jul 12 min