Jongboerfinaliste Reeks: Jimmy Malan

Loading player...
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou

Die Malan plaas se ryk geskiedenis van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid het oor 110 jaar van bestaan tot heelwat sukses gelei. Van vroeg af het die stigter van die plaas, [oupa grootjie], ‘n punt daarvan gemaak om die beste plant metodes toe te pas, en met die wegspringslag het hy Duitsland toe gereis om meer te leer van die tegnologie wat hy in sy boerdery kon implementeer. 

Jimmy Malan, 2023 Toyota Agri Gauteng Jongboer van die jaar wenner en die vierde generasie in die boerdery, beoog om op hierdie sukses voort te bou en te verseker dat die boerdery aanhou om te innoveer. Ons gesels oor die plaas se geskiedenis, die diversifikasie van sy boerdery en wat Suid-Afrikaanse boere by hul Europese eweknieë kan leer.

 
13 Nov 2024 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope…
29 Jan 2020 43 min

Agri SA Kongres 2019: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
18 Nov 2019 36 min