Jongboerfinaliste Reeks: Christi Van den Heever

Loading player...
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou

Soos die spreekwoord sê, ’n boer maak ’n plan. En daar is min mense wat dit meer uitbeeld as Christi Van den Heever. Die 2023 Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap se roete in die landbou in is dalk onkonvensioneel, maar dit spreek van harde werk.

Sy liefde vir landbou is gebore toe hy op slegs sesjarige ouderdom ’n groentetuin gemaak het in Springbok, wat hy bemes het met sy oupa se voerkraal mis. Maar sy pa het op die myne gewerk, nie geboer nie, so Christi moes hard werk om vir homself ’n loopbaan in die landbou te maak.

Vandag bestuur hy Graaff Fruit se Rietfontein plaas in die Koue Bokkeveld met 220 hektaar vrugtebome. Ons gesels met hom oor hoe hy op Rietfontein beland het, hoe boerdery en besigheid hand aan hand loop en die nette wat hy ontwerp het om oor sy vrugteboorde te span.
2 Jul 2024 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope…
29 Jan 2020 43 min

Agri SA Kongres 2019: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
18 Nov 2019 36 min