Jongboerfinaliste Reeks: Herman du Preez

Loading player...
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou

‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het in die 1980’s, moes Manie du Preez die besluit neem om sy boerdery te diversifiseer, met onder andere hoenders.

Vandag bou sy seun, Herman, voort op die sukses van die hoenderboerdery. Die 2022 Jongboer van die Jaar gesels met ons oor die tegnologie wat hulle in die boerdery gebruik, wat hoenderboere in Suid-Afrika by boere in ander lande kan leer en hoekom dit belangrik is om jouself met suksesvolle mense te omring.

Ten spyte van die sukses van die hoender afdeling, weet Herman dat mens nie al jou eiers in een mandjie kan laai nie, so hy boer ook steeds met beeste en mielies.
23 Mar 2024 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope…
29 Jan 2020 43 min

Agri SA Kongres 2019: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
18 Nov 2019 36 min