Episode 33: James Faber

Loading player...
James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie.

Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery.

’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin boer, en hy het vroeg reeds die noodsaaklikheid van diversifisering gewaardeer. Dis dié dat hy ook mettertyd in die eiendomsbedryf betrokke geraak het.

En, hy weet net van vorentoe boer.

Hy glo dat die landbousektor moet saamstaan om Suid-Afrika se ekonomie vorentoe te vat. Want, soos sy besigheid se leuse lui, die enigste manier om ’n verskil te maak, is om deel van die oplossing te wees.
2 Nov 2022 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope…
29 Jan 2020 43 min

Agri SA Kongres 2019: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
18 Nov 2019 36 min